Toeka Stoor

Pure plaas, pure platteland, trots Afrikaans. Kom eet ‘n tradisionele middagete in ons Toeka Stoor vol ou trekkers en goeters.

Toeka neem jou op ’n nostalgietoer met antieke trekkers, veteraanmotors en plaastoerusting, mooigoed, ougoed en erfgoed.  Geniet ‘n tradisionele plaasontbyt of ligte middagete en ons internasionaal bekroonde wyne terwyl jy jou in ons versameling verlustig.

Toeka-stoor kan ook bespreek word vir gesellighede en kinderpartytjies.

 Toeka Stoor tye: 08h30 tot 16h00. Besprekings 076 914 5714