TOEKA STOOR & COFFEE SHOP

Propvol Ougoed... Mooigoed & Lekker Goed

Toeka takes you on a nostalgic blast to the past  with antiques, collections of your favourite household brands, veteran motors, tractors, farm equipment, vintage furniture and so much more!


Ag Dis 'n lekker plek hierdie man! Kom kuier nou net.

Met baie ruimte vir die Kinders omte speel, vir Ouma en Oupa, vriende en familie! Toeka is n lekker naby wegbreek  as jy lus is vir n bietjie bolandse gasvryheid, iets unieks te sien en blikbeker koffie.

 
 

SO BIETJIE MEER OOR TOEKA

Toeka was al op Kwêla, en 12 episodes van Potte Prut was ook hier verfilm. Dit is ‘n lekker uitstappie waar die oop ruimtes en baie spasie dit maklik maak om die Covid-regulasies na te kom en veilige afstand te hou.
Toeka is twee groot store vol ougoed, mooigoed en kykgoed. Antieke trekkers, motors, lorries en werktuie en te veel om op te noem wag vir jou. Ook baie ou werksmasjiene, trou rokke, en versamelings van strykysters, porseleinware naaimasjiene, enamelware en vele meer.
Waarskynlik hang die grootste versameling spoorweg lampies ook hier, in ‘n besonderse spoorweghoekie vol ou stasie en stoomenjingoed. So tussen die trekkers en motors kan jy aansit vir ‘n lekker koffie en ietsie om tee eet. Ons spog ook met lekker hamburgers met chips en gratis koffie, waterblommetjie bredie en Christo se beroemde wortelkoek en nog meer.
Daar is ook mooi artikels, snuisterye en plaaslike produkte te koop.

 

TOEKA-STOOR KAN OOK BESPREEK WORD VIR GESELLIGHEDE EN KINDER-PARTYTJIES.

 

Venue: 021 869 8570 | Toeka Coffee Shop : 076 914 5714

  • Google Places
  • Facebook
  • Instagram

©2020 by Domaine Brahms Wineries. Proudly created with Wix.com